Goeie dag. (Tema : Volgorde)
Ons is nou verby die sesde seël. Die sewende seël bring die oordele van God. Johannes het ʼn tweede openbaring gekry met detail oor die eerste ses seëls ( eet van ʼn boekie , Open 10:9). Ons gaan nou terug na aanvulling tot die eerste seël.
Open 13 ʼn beskrywing van twee diere wat gaan heers in die eindtyd. Hul is die anti-Christus en sy profeet (Open19:20) wat oor die aarde heers vir twee en veertig maande (Open 13:5)
Die anti-Christus word egter versterk met ʼn bondgenoot wat bestaan uit twee horings of koninkryke.
EN ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering.
OPENBARING 13:1 AFR53
EN uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak.
OPENBARING 13:11 AFR53
Dieselfde profesie vind ons in Dan 7 van die dier met sewe koppe en tien horings, die vierde dier. Uit die geskiedenis weet ons die vierde dier is die Romeinse ryk wat nooit werklik ophou bestaan het nie. Dit word ook beskryf met die beeld in Nebukadneser se droom wat die wêreld geskiedenis openbaar tot by die verdeelde koninkryk van yster en klei in die laaste dae (Dan 2:44). Die selfde begrip van twee entiteite as in Open 13.
N Verdere verduideliking v.d. dier kom in Open 17:9-11. Die Woord sê dat met wysheid kan die beeldspraak verklaar word (17 :9).
Daar is ʼn detail verduideliking van die gedeelte, maar hierdie stukkie toon net die konsekwensie v.d. Woord tussen OT en NT ( twee voete twee diere) . Sal later verduideliking gee.
Genade en Vrede vir jou.
David