Goeie dag. (Tema : Die Dier)
Israel is die maatstok van die saligheid plan in die OT. Wanneer Johannes skryf in Openbaring, praat hy uit dié perspektief.
….. Die sewe koppe is sewe berge waar die vrou op sit. En hulle is sewe konings: vyf het geval en een is; die ander een het nog nie gekom nie; en wanneer hy kom, moet hy ‘n kort tydjie bly. En die dier wat was en nie is nie, is self ook die agtste, en hy behoort by die sewe en gaan na die verderf.
OPENBARING 17:9-11 AFR53
In die tyd was die Romeinse ryk die wêreld heersers (sesde koning). Die vyf ander konings was Egipte, Assiriërs, Babilonië, Mede en Perse en, Griekeland, die groot moondhede van die antieke tyd.
Uit die Woord is die sewende en agste konings ʼn alliansie van twee moondhede. Die sewende kop bestaan uit ʼn alliansie van 10 tien nasies. Dis is baie moontlik dat dit die vorige nasies wat die wêreld oorheers het kan insluit of ten minste hul karakteristieke het. Hy het net mag vir 42 maande:
EN ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering.
OPENBARING 13:1 AFR53
Die agste koning is ʼn alliansie van twee nasies:
EN uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak.
OPENBARING 13:11 AFR53
N nog onbekende groepering van twaalf nasies wat die wêreld gaan oorheers(nogal simbolies).
Tans is die wêreld magte in ewewig. Vir ʼn nuwe dominante groepering om te oorheers moet die bestaande status quo verander word.
Daar kan baie bespiegel word oor wie die betrokkenes is en hoe en wanneer dit gaan gebeur. Die tyd sal egter leer. Hou vas en bemoediging mekaar, ons verlossing is naby.
Genade en Vrede vir jou.
David