Goeie dag. (Tema : Ontugtige vrou)
Die Ontugtige vrou van Openbaring is nie net ʼn eindtyd verskynsel nie. Ons kan dit sien uit die volgende vers:
En hy het my in die gees weggevoer na ‘n woestyn, en ek het ‘n vrou sien sit op ‘n skarlakenrooi dier, vol godslasterlike name, met sewe koppe en tien horings.
OPENBARING 17:3 AFR53
Sy sit nog altyd op die dier of anti-Christus van die begin af. Deur die eeue het elke wêreld moondheid ʼn vorm van godsdiens gehad. Hetsy afgod aanbidding in sy wyer sin of menslike Keiser of heersers aanbidding. Tereg sê Karl Marx, godsdiens is ʼn mens gemaakte entiteit, die opium van die massas (verkort). Deur die eeue is godsdiens gebruik om mense te manipuleerder te beheer en te onderdruk. Deur ʼn sosiaal religieuse kultuur is die mensdom onderdanigheid gehou deur hul denke te beheer. Dit is die godsdiens v.d. hoer wat lynreg staan teen die ware Godsdiens van God. Deur godsdiens is mense verslaaf en verarm gehou. Die gees v.d. hoer is vandag nog sterker as id verlede. Dit is uitkenbaar id vorm van oordadige rykdom en weelde van mense se gode. Dié gode is enige mens, vanaf Pous, ʼn Staats hoof tot by ʼn huis prediker wat se inkomste oneweredig is in vergelyking met hul positiewe produktiwiteit. Min besef dat God self werk :
Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande.
PSALMS 19:2 AFR53
Oordadigheid word as volg beskryf:
En die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud en kosbare stene en pêrels, en sy het in haar hand ‘n goue beker gehad, vol gruwels en die onreinheid van haar hoerery;
OPENBARING 17:4 AFR53
Sosialisme en kommunisme is setsel wat die vrug v.d. hande werk van ander steel.
In Open 17:10 sien ons dat die dier die vrou verbrand, waarskynlik omdat hy alles vir homself wil vat. Dit word gedoen deur sy merk en gedwonge aanbidding tot hom. Hy wil God wees en alles besit. Wees nugter en waaksaam om nie deel te wees van die hoer setsel nie, die Woord waarsku ons daar teen in:
En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.
OPENBARING 18:4 AFR53
Genade en Vrede vir jou.
David