Goeie dag. (Tema : Mens tot mens)
Die eerste vyf seëls van Openbaring word gekenmerk deur mens tot mens verdrukking. Normale aard gebonde gruwels soos geweld, oorloë, hongersnood, liefdeloosheid, en ander. Goed wat spruit uit die sondige natuur v.d. mens. Die tempo daarvan versnel soos ons ander aan die einde kom en die mens God al meer en meer verwerp. Soos die mens die lig verwerp sak al hoe meer duisternis toe en die karakter daarvan. Sonde groei soos ʼn kanker en neem die mens al meer en meer oor.
Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word.
OPENBARING 22:11 AFR53
Nou is die tyd dat elke kind van God moet groei in heiligheid. Soos die nood en duisternis toe sak sal elkeen se toewyding in gebed met ʼn groter tempo moet toe neem om die geloof te behou. Die duisternis is soos modder waardeur jy stap, dit wil jou heeltyd besmeer. So is die wêreld wat al vuiler word en gelowiges se denke wil besoedel. Ons moet soos Job ʼn verbond met ons oë sluit om niks besoedeling in te neem nie. Ons ore bewaar om nie deur menslike wysheid mislei te word nie.
Vandag word byna alles in die wêreld aanvaar, menseregte maak dat bykans alle immoraliteit gesien word dat daar ʼn plek voor is. Die wêreld is op die top van sy ontwikkeling, maar ook verval. Mag die Here gee dat elke gelowige vir homself uitgemaak het om Christus te volg ongeag die koste.
Genade en Vrede vir jou.
David