Goeie dag.
Jesus waarsku verskeie plekke in die Woord dat die groot verdrukking bo begrip erg gaan wees. In Openbaring 12 na die wegneem van die kerk uit die groot verdrukking, vind die oorlog in Israel plaas. Hierdie verskriklike tyd word beskryf in die laaste boeke van die profeet SAGARÍA. SAGARÍA hoofstuk 12,13 en 14 beskryf n wereldoorlog. Saam met die oordele van God op die wêreld, probeer die duiwel God se volk uitwis. Dit is die tyd wat deur God verkort word anders sal daar geen mense oorleef nie. In hierdie tyd stort Hy sy Gees op die Jode uit en hul bekeer hul tot Jesus die Messias. Hy openbaar homself met Sy tweede koms.
En in dié dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot ‘n baie groot dal; en die een helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander helfte na die suide.
SAGARÍA 14:4 AFR53
Daar sal water vloei vanaf Jerusalem na die Westlike see (Middelandse see) en ook na die Oosterlike see (Golf van Iran?).
Ek wil nie die Woord aanhaal oor dit wat gaan gebeur nie, want die beskrywing is te grafies. Gaan lees dit self en visualiser dit om dit te verstaan. Dit is n tyd wat geen regdenkende mens wil beleef nie. Mag die Here mens bewaar, om nie dit te beleef nie.
Genade en Vrede vir jou.
David