Goeie dag. (Tema : Gemerk)
N beginsel wat dwarsdeur die Bybel geld is dat die Here sy kinders bewaar deur alle krisis tye. Dit is sigbaar dwarsdeur die OT en NT. Daar is ʼn lang debat te voer oor die betekenis van bewaar, maar dit is nie vir nou nie. Daar is getuienis vanaf Abraham, Lot, Noag, Dawid, die profete en nog vele ander. Ook in Openbaring 7 word honderde vier en veertig duisend Jode gemerk:
….. en gesê: Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van onse God op hulle voorhoofde verseël het nie.
OPENBARING 7:3 AFR53
Ons sien die effek van die seël in:
En aan hulle is gesê dat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige boom moet beskadig nie, maar net alleen die mense wat die seël van God nie op hulle voorhoofde het nie.
OPENBARING 9:4 AFR53
Daar kom ʼn verskriklike tyd oor die aarde en sy bewoners. Maar kinders van God kan in die vertroue leef dat die Here hul sal deurdra om hul eindbestemming te bereik. Omstandighede mag verwarrend wees soos met Job. Hy was oortuig van sy stand met die Here en het daaraan vasgeklou teen alle menslike insig in. Job was in werklikheid ʼn uitnemende geloof held. Hy het aan God se geregtigheid vasgehou ongeag dat alle omstandighede die teendeel bewys het. Mag elkeen dieselfde geloof behou in die donker tye wat wag. Weet jy is ook gemerk en jou naam in die hand palm van God.
Genade en Vrede vir jou. David