Goeie dag. (Tema : Toegevou)
Ten spyte van al die kennis, ontwikkeling, DNA identifikasie en nog wat is die identiteit v.d. verlore stamme van Israel nog steeds ʼn geheim. Daar word baie kleims gemaak en uitsprake gelewer maar daar is niks oortuigend nie. Ons sien in Openbaring 7 dat hul egter by God bekend is.
En ek het die getal van die verseëldes gehoor: honderd-vier-en-veertig duisend verseëldes uit al die stamme van die kinders van Israel —
OPENBARING 7:4 AFR53
Twaalf stamme v.d. kinders van Israel. Dan gaan die hoofstuk aan:
NÁ hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande;
OPENBARING 7:9 AFR53
In hierdie hoofstuk is al die Uitverkores genoem. Almal in die magtig hand van God. Toegevou en beskut in Sy liefde soos ouers wat hul kinders lief hê en beskerm teen die duisternis v.d. lewe.
Hy is in ons, om ons en by ons, waar ons ook al beweeg. HY staan nie eenkant as ons deur die modder en verdrukking v.d. lewe gaan nie.
Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. “Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.
JESAJA 41:10 AFR53
Hier is so ʼn groot ironie in die stuk ingesluit . Ons weet nie wie die stamme is nie, en dalk weet hul nie eers self dat hul v.d. verlore stamme is nie, maar God bly getrou. Hy vervul beloftes waarvan ons dalk nie eers weet nie. Hoeveel te meer sal Hy die beloftes vervul waarvan ons weet. Sy liefde is onpeilbaar groot daarom kan ons ons kop oplig en die toekoms tegemoet gaan, toegevou , Hy is by ons.
Genade en Vrede vir jou. David