Goeie dag. ( Tema: Sesde seël)
Met die oopbreek van die sesde seël kom die aarde in opstand teen die sonde van die mens met dramatiese gevolge. Ons lees:
(Open 6:12) En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was ‘n groot aardbewing; en die son het swart geword soos ‘n harige sak, en die maan het geword soos bloed;
(Open 6:13) en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ‘n vyeboom wat deur ‘n groot wind geskud word, sy navye laat afval;
(Open 6:14) en die hemel het weggewyk soos ‘n boek wat toegerol word, en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit; ( Afr 53).
Hierdie is ? geweldige aardbewing, maar nie die grootste wat die aarde gaan beleef nie, dit kom later. My interpretasie van die beskrywing die volgende:
Die aardbewegings sal waarskynlik met vulkaniese aktiwiteit gepaard gaan wat ongekende lug besoedeling tot gevolg sal hé. Daarom word die son en maan verduister (vers 12).
Daar is verskeie tipes vulkaniese uitbarsting . Die beskrywing van vers 13 dui op ? tipe wat vuurballe en as laat neer reën . Die vergelyking met die vyeboom wys vir my op gelokaliseerde effekte.
Vers 14 dui daarop dat die lug besoedeling so erg is dat die sterre onsigbaar word. Die laaste gedeelte van die vers dui op grootskaalse kontinentale verskuiwings waar geen kontinent uitgesluit sal wees nie.
Die literatuur oor die gevolge van vulkaniese uitbarsting is volop. Soos byvoorbeeld, ? vulkaniese winter wat sonstrale verdof en landbou vernietig met hongersnood tot gevolg. N Soortgelyke gebeurtenis het in 536 NC plaas gevind toe ? kataklismiese vulkaniese uitbarsting in Ysland. Vulkaniese het die son in die noordelike halfrond verflou het . Landbou produksie is vernietig en hongersnood het gevolg waarin miljoene omgekom het. Dit word beskryf as die slegste jaar en periode in mense heugenis.
Vers 15 stel dit duidelik dat mense hulself gaan wegsteek in die spelonke en rotse van die berge. Waarskynlik vanweë die tsunamies wat met so ? gebeurtenis gepaard sal gaan. Wee hulle wat in laagliggende areas soos Nederland leef. Mens kan jou nie die verskrikking , vernietig en mense verlies indink nie.
Die ironie is dat al staan hierdie waarskuwing in die Woord ongelowiges dit nie ter harte neem en verstaan nie. Laat ons angstig bid vir die redding van siele.
Genade en Vrede vir jou.
David