Goeie dag. (Tema : Eerste Wee)
Die woord wee beteken diep onvertroosbare rou of ellende (Webster). In Openbaring 9 vind ons die eerste wee van die oordele oor die aarde:
En uit die rook het daar sprinkane uitgekom op die aarde, en aan hulle is mag gegee soos die skerpioene van die aarde mag het. En aan hulle is gesê dat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige boom moet beskadig nie, maar net alleen die mense wat die seël van God nie op hulle voorhoofde het nie.
OPENBARING 9:3-4 AFR53
Ek dink nie Johannes sou nie n sprinkaan herken het nie as hy een sien nie. Daarom noem hy dat hierdie sprinkane nie gras of bome eet soos normaalweg nie. My menig is dat hierdie nie beeldspraak is nie maar net sprinkane is met n mutasie. Met die Covid pandemie het die wêreld die effek en gevolge van mutasies deeglik leer ken. Dit is nie meer vreemd nie. Hierdie sprinkane gaan vir vyf maande hel op aarde bring. As hul n mens steek is daar uiterste pyn maar die persoon kan nie sterwe nie. As n mens n swerm sprinkane sien werk het sal dit moontlik wees om beeld van die effek te vorm, veral as hul teiken mense is. Geen wonder die Woord beskou dit as n wee gebeurtenis nie. Die Woord sê dat mense eerder sal wil sterwe as om die pyn te verduur. Genadiglik duur die beproewing net vyf maande en is gelowiges gevrywaar daarvan. Dwarsdeur die OT gebruik die Here springkane as straf gerigte, soos in die tien plae in Egipte. Die mens is dan indirek gestraf deur skade wat hul aan gerig het. In Openbaring is dit die eerste en enigste keer dat die springkane direk op die mens losgelaat word. Die gevolge is verskriklik.
Genade en Vrede vir jou.
David