Goeie dag. (Tema : aanvullend)
In Openbaring 10, kry Johannes verdere inligting oor die gebeure van die laaste sewe jaar. Dit is die tydperk voor die duisend jarige vrede ryk. Die gebeure tot na die tweede wee is reeds gedeeltelik beskryf. Van die oordele word weer uitgelig om die erns daarvan te beklemtoon. Soos byvoorbeeld :
en dié het aan die sesde engel met die basuin gesê: Maak die vier engele los wat gebind is by die groot rivier, die Eufraat. OPENBARING 9:14 AFR53
Nou volg van dieselfde gebeure in die selfde tydgleuf maar net met n ander simbool beskryf:
En die sesde engel het sy skaal uitgegooi op die groot rivier, die Eufraat, en sy water het opgedroog, sodat die pad van die konings wat van die ooste af kom, reggemaak kon word. OPENBARING 16:12 AFR53
Dieselfde gebeure, twee simbole. Nog n voorbeeld is : `
En toe die sewe donderslae hulle stemme laat hoor het, wou ek skrywe; maar ek het ‘n stem uit die hemel vir my hoor sê: Verseël wat die sewe donderslae gespreek het, en skryf dit nie op nie. OPENBARING 10:4 AFR53
En hy het gesê: Gaan heen, Daniël, want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe. DANIËL 12:9 AFR53
In die op volgende dagstukkies gaan ons poog om die gebeure na Open 9, in te pas in die gedeelte voor Open 10. Nie dat ons alles gaan weet nie maar n beter begrip van die uitleg v.d. boek kan kry.
Genade en Vrede vir jou.
David