Goeie more. Tema: Duiwel is los
Baie is bekend met die begrip van die drie hemele. Die eerste is die blou lig en sterre nag wat ons kan sien, bekend as die hemel ruim in volks mond. Die tweede hemel is die woonplek van Satan en sy koninkryk, wat nie sigbaar is vir die blote oog nie. Die Derde hemel is waar God woon. Die Heilge plek waar geen ongeregtigheid kan kom nie.
Paulus getuig daarvan in: Ek weet van ‘n man in Christus, veertien jaar gelede — of dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek nie, God weet dit — dat so iemand weggeruk is tot in die derde hemel. II KORINTHIËRS 12:2 AFR53
NÁ die groot verdrukking kom die aller verskriklikste tyd vir die agter geblewe mensdom as Satan en sy engele uit die tweede hemel gegooi word.
Die Woord beskryf dit in Open 12 :7 – 17.
En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp. OPENBARING 12:9 AFR53
Die Satan is dan op aarde met al wat sleg is; mense moordenaar van die begin af. Die merkwaardigste gebeurtenis vind dan plaas. Die koninkryk en outoriteit wat Adam in die Tuin van Eden (Paradys) afgestaan is word deur die mens terug gevat, mens verslaan Satan mbv Jesus.
En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie. OPENBARING 12:11 AFR53
Die hele skeppings plan is hier herstel. Die mens Jesus Christus en sy verlostes heers dan vir een duisend jaar, en verder. Wat n onbeskryflik Glorie ryke gebeurtenis waaraan ons nie reg aan kan voldoend in woorde nie. Die gebeurtenis is te groot om selfs ten volle te kan begryp. Hallelujah, Loof die Here!!!
Genade en Vrede vir jou. David