Goeie dag. Tema : Sekondere gebeure
Om vandag se dagstukkie oor te dra is moeilik en sou grafies baie makliker gewees het.
Die eerste ses basuine in Open 8,9 korreleer direk met die eerste ses skale in Open 15.
1ste basuin: hael, vuur, bloed (liggaamlike skade)
1ste skaal bose swere
2de basuin: berg in see, see word bloed
2de skaal: see word bloed
3de basuin: ster tref riviere en fonteine, water bitter
3de skaal: rivier en fonteine bloed
4de basuin: derde van Son getref
4de skaal: Son brand mense
5de basuin: sprinkane met skerpioen angels uit put
5de skaal: mense brul van pyn
6de basuin: engele by Eufraat
6de skaal: konings by Eufraat
Ek dink as die stof wolk van n komeet die aarde tref (eerste basuin), sal dit wees soos n erge hael en wind storm. Mens sal nie kan staan nie, maar vorentoe kruip, met hael en sand wat bloed trek op jou vel terwyl die wind geraas oorverdowend is. Die angs sal verlamend wees. Die deeljies sal egter nie sand wees nie maar chemiese elemente wat erge verswering veroorsaak. Dit sal lei tot die bose swere van die eerste skaal. Scientific American het op 21 Oktober 1999 n artikel gepubliseer wat presies die gevolge van n komeet botsing met die aarde beskryf. Dit eggo die beskrywing in Open 8:7
van die bome en grasse wat sal verbrand agv die swael en Stikstof-oksiedes wat vrygestel sal word.
Die aarde het so n botsing in Julie 1994 waar geneem toe die Shoemaker-Levy 9 komeet net Jupiter gebots het. Hierdie gebeure was n waarskuwing aan aardbewoners wat gaan kom, min het daarop ag geslaan.
Genade en Vrede vir jou. David