Goeie dag. Tema: Genade tyd
Na my begrip is daar drie fases in die lewe waarmee die Here met die mens deel. n Openbarings fase, n aankondiging fases en dan die finale gebeure. Die vervulling van n Openbaring word bepaal deur die mense se gehoorsaamheid of ongehoorsaamheid. God maak beloftes oor dit wat Hy graag wil laat gebeur on mense of volke se lewens. Hy forseer nie die belofte af nie maar die mens moet in gehoorsaamheid aan Sy stem wandel om die belofte te verkry. Daar is talle voorbeeld hiervan in die Woord. N voorbeeld: Jesus sê:
Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. MATTHÉÜS 11:28 AFR53
Om rus te ontvang moet die mens na Jesus gaan, anders word die belofte nie vervul nie. Netso die bekende Joh3:16
kan nie vervul word in n mens se lewe as die nie in Jesus glo nie. Meer nog, as jy nie weergebore word uit water en Gees nie soos Jesus aan Nikodemus verduidelik nie. Selfs in die verdoemende gebeure in Openbaring is daar steeds God se genade hand wat ná die mens uit gesteek word:
EN ek het ‘n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met ‘n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke. OPENBARING 14:6 AFR53
God openbaar, Hy kondig weer aan en eers dan kom die vervulling. Dit is Sy volmaakte wil dat niemand verlore sal gaan nie, maar almal die ewige lewe saam met Hom moet beêrwe. Ongelukkig sien ons dat die mens, Christus en daardeur ook God verwerp. Ons gaan amper tot op die einde in die genade tyd leef, mag die mens dit aan gryp en gehoorsaam word.
Genade en Vrede vir jou. David