Goeie dag. Tema : Babilon
Babilon was n antieke stad in die Suide van die huidige Irak. So wat 59 km suid van Bagdad. Die naam beteken: Hek van die gode. Dit was n unieke stad in die klassieke tyd en die simbool van prag en praal. In Daniel 2 ontvang Nebukanesser n droom:
Maar daar is ‘n God in die hemel wat geheime openbaar, en Hy het koning Nebukadnésar bekend gemaak wat aan die einde van die dae sal gebeur. U droom en die gesigte van u hoof op u bed was dit: DANIËL 2:28 AFR53
Ons is bekend met die beeld wat die koninkryk van died wêreld verteenwoordig, en hoe n klip losraak en dit fyn maal.
Wanneer ons dan Openbaring lees en die val van die stad Babilon is dit die finale fase van die vervulling v.d. droom. Daar is baie beskrywing van gebeure in die Woord:
Maar daar is ‘n God in die hemel wat geheime openbaar, en Hy het koning Nebukadnésar bekend gemaak wat aan die einde van die dae sal gebeur. U droom en die gesigte van u hoof op u bed was dit: U het gekyk totdat daar sonder toedoen van mensehande ‘n klip losraak wat die beeld getref het aan sy voete van yster en van klei en dit fyngestamp het. DANIËL 2:28, 34 AFR53
En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp. OPENBARING 12:9 AFR53
En ‘n ander engel het gevolg en gesê: Geval, geval het Babilon, die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery. OPENBARING 14:8 AFR53
Die Woord gaan voor en beskryf Babilon in detail. Gedrag, kenmerke en dies meer. Ons sal dit volgende keer bekyk.
Genade en Vrede vir jou. David