Goeie dag. Tema : Twee finale oorloë
Almal is bewus van die oorlog tussen Rusland en die Ukraine (Alfabeties). Vir hul wat al gehoor het van die Gog Magog oorlog van Esegiel 38 wonder of dit nou die tyd is vir die vervulling daarvan. Kom ons kyk wat meld die Woord daarvan.
In Open 16 :12 – 16 sien ons dat die konings van die Ooste optrek teen Israel. In vers 14 word die leermag uitgebrei om die hele wêreld in te sluit.
Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God. OPENBARING 16:14 AFR53
Dan lees ons in vers 16:
En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armagéddon. OPENBARING 16:14, 16 AFR53
Ons vind ook n verwysing na die oorlog in Open 19:
En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër. OPENBARING 19:19 AFR53
So dit is duidelik dat die Anti-Chirstus Israel wil vernietig. Jesus Chritus red Israel en vernietig die leermagte en openbaar Homself dan weer aan Israel as die Messias. Lees gerus die boek van SAGARÍA.
Volgens Openbaring 20 word Satan dan vir n duisend jaar gebind.
EN wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word; en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see. OPENBARING 20:7-8 AFR53
Hieruit is dit duidelik dat die Gog Magog oorlog eers na die duisend jaar vrede ryk is.
Hierna word die bose vir ewig in die poel van vuur en swael gegooi (Open 20:10)
Dit is kritiese dat elkeen uiters waaksaamheid en voorbereiding moet wees vir Christus se wederkoms. Maar ons weet slegs dat dit die seisoen is daarvoor, net Die Vader weet wanneer dit sal gebeur. Ons fokus moet daarop bly om in n Heilige verhouding met Hom te wees. Leef in vertroue in Hom en nie in angs oor wat in die wêreld gebeur nie.
Genade en Vrede vir jou. David
Om te gebruik highlight link en Open. Ek sit nog n verwysing by vir vir as jy nie regkom