Goeie dag. Tema : Katastrofiese aardbewing.
Die slag van Armagedon word gevolg deur n katastrofiese aardbewing.
en daar het ‘n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie — so ‘n geweldige groot aardbewing. En die groot stad is in drie dele verdeel, en die stede van die nasies het geval……. En alle eilande het gevlug, en berge is daar nie gevind nie; OPENBARING 16:18-20 AFR53
Daar is nog heelwat Skrif gedeeltes wat die gebeure beskryf.
Dit gaan n kontinent verskuiwende aardbewing wees. Die Olyfberg verdeel in twee, berge en eilande verdwyn, geen gebou sal staande bly nie. As jy die onlangse gebeure in Turkye in jou gedagtes herroep kan n mens n beeld begin vorm van wat gaan gebeur.
Die aarde gaan oopskeur, mense sal vasgeval wees, tsunamis by alle kus gebiede en groot mere, n katastrofiese dodetal. Mens kan jou nie indink dat n eiland land soos Indonesie sal verdwyn onder die see nie of dat bergreekse soos die Himalayas, Amerikaanse Rotsgebergtes en die Alpe plat geskud sal wees nie. N aarde sonder geboue.
Hierdie is die finale oordeel van God wat die mens op homself gebring het. Dit is ook die totale vernietiging van alle infrastruktuur en van aardse koningkryke. Die implikasies daarvan is dat daar geen erfenis na gelaat sal word nie. Die ryk en die arm oorlewendes gaan gelyk begin, geen voordeel wat n erfporsie kan bring nie. Dit is so moeilik om te begryp as toe Jesus vir die dissipels gesê het dat Jerusalem en die tempel vernietig gaan word, ondenkbaar. Miskien moet ons ons denke verander oor die toekoms en tot die besef kom, hoe tydelik die verbly op aarde is en ons dan niks gaan nalaat nie. Verder verstaan, dat die hulle wat nie die merk vd dier gaan vat nie alles aards gaan verloor. Hierdie realiteit, gaan waarskynlik n groot invloed op jou houding tov die materieële wêreld hê.
Die duisend jarige vrederyk is n nuwe begin. N nuwe koninkryk met nuwe ontwikkeling. Al wat ons daarvan weet is dat dit begin met min mense en dat geen ongeregtigheid geduld sal word nie. Daar is n paar Skrif verwysing na hoe die lewe sal wees. Ons sal egter later daaroor praat.
Genade en Vrede vir jou. David