Goeie dag. Tema: Misleiding
N namaaksel kan net herken word as dit met die egte produkte vergelyk word. Reg deur die NT waarsku Jesus teen misleiding.
Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei. MARKUS 13:22 AFR53
As n mens lang genoeg na leuens luister, raak die leuens jou waarheid. Die enigste manier om n leuen te onderskei is om dit met waarheid te vergelyk. Die uitverkorenes kan nie verlei word nie omdat hul die kennis vd waarheid ontdek het. In die OT gee die Here die opdrag aan die Israeliete om klossies aan die onderkant van hul klere te sit, om hul aan Sy woorde te herrinner.
En dit sal julle as klossies dien: as julle dit sien, moet julle aan al die gebooie van die Here dink, dat julle dit doen en nie jul hart en jul oë navolg waar julle agter aan hoereer nie, NÚMERI 15:39 AFR53
Waar kry mens die kennis vd waarheid? Deur Moses het Hy die gebooie gestuur wat kennis is van hoe om n lewe van geregtigheid en eerbaarheid te wandel. Later stuur Hy die Wysheid literatuur; Job, SPREUKE, Prediker, Hooglied, PSALMS ens. So is die hele Woord deur God gegee tot lering, teregwysing, weer-legging….
Gelowiges sal hul daagliks met die Woord toerus, sodat Sy kennis jou denkpatroon word. Indien n mens dit na laat sal jy die leuens vd wêreld begin glo tot jou eie ondergang. Nog erger, as mens hom toemaak vd waarheid, gee God hom die begeerte van sy hart:
En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, II THESSALONICENSE 2:11 AFR53
Die mens in die algemene is tog so liggelowig, kyk maar net hoeveel word ruineer deur dat hul in domheid piramiede skemas volg of te goed om waar te wees belegings maak. Ellende volg sulke misleiding. Daar is geen ware vryheid of voorspoed sonder reëls nie. In hierdie laaste dae word mense mislei deur n dwaal leer dat jy n kind vd Here kan wees sonder om jou Bybelse morele en maatskaplike kruis op te neem. Ware godsdiens word o. a. in Rom 12 uitgebeeld. Laat ons waaksaam en in gebed bly om ons self toerus om nie mislei te word nie. Wees bewus wat rondom jou aangaan, onderskei die tekens vd tyd, die tyd is korter as ooit.
Genade en Vrede vir jou. David