Goeie dag. (Tema : kleed van geregtigheid)
Het jy al beleef om langs die Weskus te stap met die son wat ondergaan oor die see tussen wolke, en die sagte lig en kalmte wat heers. So beleef ek die liefde van die Here wat vaderlik waarsku:
Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie. OPENBARING 16:15 AFR53
Hier tussen die openbaringe van die verskriklike oordele wat kom hou Hy die lig op en sê jy is vrywaar as jou kleed reg is. Hierdie kleed is die kleed van geregtigheid en heiligheid waarmee gelowiges bekleed moet wees. God gee om vir jou.
….. en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid. EFÉSIËRS 4:24 AFR53
Job getuig van so n kleed, sodanig dat die duiwel verwonder gestaan het oor hom en hom tot die uiterste beproef het. Hierdie beproewing het Job net nader aan God laat groei. Job getuig:
Die geregtigheid was my kleed, en ek sy kleed; my reg was soos ‘n mantel en ‘n tulband. JOB 29:14 AFR53
Hierdie kleed kom nie maklik nie. Bonhofer stel dit so raak as hy sê:
“Salvation is free, but discipleship will cost you your life” ~ Dietrich Bonhoeffer
Hierdie kleed kom deur die Evangelie van Jesus Christus volledig te volg. Paulus stel dit duidelik:
waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs geglo het. I KORINTHIËRS 15:2 AFR53
Wanneer ons met hierdie kleed van geregtigheid beklee is vloei daar strome van lewende water uit ons binneste. Jesus se woorde is:
Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. JOHANNES 7:38 AFR53
Hierdie lewende water is n Heilige Gees deurdrenkte lewe, lewendig en kragtig. Dit is beskikbaar vir elkeen wat wil. Kom ons jaag dit na met alles in ons.
Genade en Vrede vir jou. David