Goeie dag. Tema: Groot Prosituut
Openbaring 17,18 en 19 word hoofsaaklik gewy aan die hoer van Babilon (18:2).
Sy verteenwoordig, die Glorie van wêreld se lewe. Skoonheid, weelde, rykdom, voorspoed, status, gemak ens. Dit wat aan die mens voorgehou word as sukses en die volheid van die lewe. In perspektief van die glorie van God en sy kinders in die ewige lewe, is dit wat die wêreld bied minder as niks. Al sy drome en sukses van sy lewe voor Christus beskou Paulus as drek ( Fil 3:8).
God beskryf die vals beeld wat sy (die hoer) voorhou volledig, sodat Sy kinders haar klatergoud kan herken. Hy rig n waarskuwing:
En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie. OPENBARING 18:4 AFR53
Daar is n wesenlike gevaar dat mens die grootsheid van die wêreld kan lief kry en God verlaat. Paulus deel sy hartseer:
Want Demas het my verlaat, omdat hy die teenwoordige wêreld liefgekry het, en het na Thessaloníka vertrek…… II TIMÓTHEÜS 4:10 AFR53
Die geskiedenis getuig daarvan dat as n mens die wêreld opineer, op welke wyse ook al, dit jou lewe kan kos. Daarvan is die kort lewe van onder andere Stefanus en Johannes die Doper n getuie. Trouens ons lees:
En die bloed van profete en heiliges is in haar gevind, en van almal wat op die aarde gedood is. OPENBARING 18:24 AFR53
Sien ook Open19:1.
Dit is veral die Westerse kerk wat voordurend in die versoeking is, om dit wat die wêreld bied in hul harte toe te laat. Vir hul geld die Woord veral, bewaar jou hart bo alle dinge want daarin lê die oorsprong vd lewe. En ook; moenie vir jul skatte bymekaar maak waar mot en roes verniel nie……. want waar jou skat is sal jou hart wees. Die leef styl vd hoer in Openbaring word vandag in die media adverteer: weelde, rykdom, gemak ens, as dit wat saak maak.
Genade en Vrede vir jou. David