Goeie dag. Tema : Bose Drie-manskap
Daar is tye waar dit noodsaaklik is om die Woord te aanvaar soos n kind. Sonder enige vrae en be-redenering, eenvoudig omdat dit bo ons begrips vermoë is. Paulus som dit so mooi op in 1 Kor 13 as hy sê:
Want nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken,….. I KORINTHIËRS 13:12 AFR53
Ons is bekend met God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees. Daar is begrip verskille tussen gelowiges oor die werking van God, maar dit is sinneloos om daaroor te stry. Jou begrip daarvan word bepaal hoevêr, Heilige Gees dit vir jou oopmaak. Insig in die Woord is ook n genade gawe van God.
Om die mens se onvermoë nog verder te illustreer, word die bose drie manskap in Openbaring onthul.
En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand. OPENBARING 19:20 AFR53
En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid. OPENBARING 20:10 AFR53
Die koninkryk van Satan, Babilon is in struktuur, n kopie van God se koninkryk. Sy karakter is net duisternis in teenstelling met die Lig van God se koninkryk. God openbaar aan Sy kinders wat aan die einde van tyd gaan gebeur. Dit is tot bemoediging en aansporing tot vrees van God. Hierdie kennis bring afsluiting in die gemoed van die gelowiges.
Genade en Vrede vir jou. David