Goeie dag. Tema : Finansiële Stelsel
In die vroegste tye is daar handel gedryf met n ruil stelsel. Goedere is verruil vir ander goedere van waarde. Later is daar begin met n geld stelsel van brons as n ruil middel, wat later silwer geword het. Die stelsel het deur die eeue ontwikkel tot vandag se komplekse ekonomiese stelsel. Toe papier geld begin gedruk word, was daar goud reserwes wat waarborg vd papier geld was. Vandag het die ekonomiese stelsel so verswak dat geen waarborg meer verskaf word nie en daar slegs op sentiment (mark neigings) gewerk word. Digitale eenhede soos bitcoin en ander word vandag erken as geldig betaal middele. Hul het geen waarborge nie. Die stesel is ontwikkel om mense te beroof en te manipileer. Dit bereik sy hoogte punt in die groot verdrukking, met die merk vd dier. God haat sonde en veral sonde waar mense beroof word en verkul word. Die ekonomiese stesel word intiem verbind met die hoer van Openbaring.
En die handelaars van die aarde sal ween en rou bedrywe oor haar, omdat niemand hulle koopware meer koop nie, OPENBARING 18:11 AFR53
…… want jou handelaars was die grotes van die aarde; want deur jou towery is al die nasies verlei. OPENBARING 18: 23 AFR53
Soos mens deur Openbaring 18 lees is dit duidelik dat alle produkte ingesluit is in die wêreld handel. Deur die stelsel het die handelaars ryk geword. Maar God gaan dit vernietig.
Mens beleef daagliks die effek vd stelsel maar min besef dit. Manipulasies soos inflasie, rente koerse, wisselkoers, aandele mark ens. N klassieke voorbeeld is graanpryse; dit is hoog todat die oeste ingesamel word dan val dit skielik tot alles ingelewer is. Daarna verhoog dit weer. Lande word geld geleen teen n spesifieke wisselkoers, dan word die wisselkoers manipuleer om sodanig te verswak dat daardie land nooit weer uit die skuld kan kom nie. Die geldmag in die wêreld suig die arbeiders droog, maak slawe van die mens. Kom ons bid in erns dat die Here ons verlos vd bose. As u hierdie onderwerp bestudeer sal u ook met haat gevul word teen sonde.
Genade en Vrede vir jou. David