Goeie dag. Tema : Die oog
Ouer persone sal n advertensie van jare terug onthou van n paar spier tiere en skamel gelede dames op n groot siel boot en op n pragtige strand. Die refrein was: ” You can stay as you are for the rest of your life or jou can change to Mainstay (n Riet spiritus om die jonges in te lig). Die mens het maar n swakheid vir n beeld van luuksheid, rykdom, genot en sensualiteit, die” goeie lewe” Dit is in jou gene, deel van die sondige natuur. Daarom is ons so vatbaar vir die bose se reklame
Ek gebruik die vertaling, God’s Word vir vandag se Skrif aanhaling omdat dit geen twyfel laat oor die aard vd sonde nie:
He cried out in a powerful voice, “Fallen! Babylon the Great has fallen! She has become a home for demons. She is a prison for every evil spirit, every unclean bird, and every unclean and hated beast. All the nations fell because of the wine of her sexual sins. The kings of the earth had sex with her…..” Revelation 18:2-3 GW
As jy vir Babilon geval het is jy in haar tronk en gebind. Reklame is hoofsaaklik gerig op die visuele, wat nie woorde nodig het om n mens te oortuig nie. Dit skreeu en roep op jou en in jou sonder n geluid. Die Woord stel dit so raak:
Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, is jou hele liggaam ook verlig; maar as dit verkeerd is, is jou liggaam ook donker. LUKAS 11:34 AFR53
Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie! MATTHÉÜS 6:23 AFR53,
JOB het hierdie geheimenis geken en was nie dwaas nie, maar het in wysheid opgetree:
EK het ‘n verbond gesluit met my oë: hoe sou ek dan ag gegee het op ‘n jonkvrou? JOB 31:1 AFR53
Daar is baie mooi in die wêreld, maar alles het n prys. As die mens nie los breek, deur God se genade uit die aanloklikheid vd wêreld nie, verbeur hy die ewige lewe. Die prys wat betaal moet word is hoog, maar die vergoedings is glorieryk.
Genade en Vrede vir jou. David