Goeie dag. Tema : Detail
En die Here sal jou die kop en nie die stert maak nie, en jy sal net boontoe en nie ondertoe gaan nie as jy luister na die gebooie van die Here jou God wat ek jou vandag beveel om te hou en te doen, en jy nie regs of links afwyk van al die woorde wat ek julle vandag beveel,….. DEUTERONÓMIUM 28:13-14 AFR53
Om n moeilike taak suksesvol uit te voer, moet by die detail instruksies gehou word. Kosmaak vra presiese hoeveelhede rys en geur middels, enjin herstel vra presiese instellings van kleppe en spellings. As dit verkeerd gedoen word is al die harde werk verniet en sit mens met n flop. In Openbaring stel God ook presiese perke om die ewige lewe te verkry:
Eerste liefde; Open 2:4,
Laster; Open 2:9,
Vals leerstellings; Open 2:14,
heiligheid en baie ander.
Soms is ons so gretig om God te behaag dat ons vergeet dat ons net deur Christus Hom kan behaag. Ons taak is dissipelskap, om Christus te volg in die voorbeeld wat Hy gestel het. Dit is moontlik deur in gehoorsaamheid aan Hom te lewe. Daarom het Hy ons die volle evangelie in die NT gegee en die die OT as gevalle studies of praktiese voorbeeld. Geen een van die Bybel se figure was onaantasbaar nie. Hul het met dieselfde menslike sondige karakter as ons geroei. Die verwysing in Deut. stel dit duidelik dat ons nie links (liberale denke) of regs (konserwatiewe denke) moet afwyk nie. Ons is bekend met die liberale denke dat almal kinders van God is en dat Sy liefde alles toe laat. Net so is ons bekend met die konserwatiewe denke van Christus en regverdigheid deur eie werke. Hoe ek dit vir myself voorstel is die bree weg met die smal weg in die middel daarvan, soos die wit streep in n teerpad.
Elkeen moet in balans op die wit streep stap, as dit donker word is Sy Woord die lig op ons pad, as die storms kom is Hy ons skuiling. Dankie Vader vir Heilige Gees wat deur die Woord, ons lei op die pad.
Genade en Vrede vir jou. David