Goeie dag. Tema : Triomf
In Openbaring 19 word n ongeewenaarde, grootste skouspel beskryf. Om te verstaan moet die hele hoofstuk gelees word. Dit begin met vyf lofprysinge aan God die Almagtige; verse 1,2,4, 5 en 6. Die klimaks daarvan word gegee:
En ek het iets gehoor soos die stem van ‘n groot menigte en soos die geluid van baie waters en soos die geluid van sterk donderslae wat sê: Halleluja! want die Here God, die Almagtige, het die koningskap aanvaar. OPENBARING 19:6 AFR53
Hier kom Christus en lê die aarde voor God die Almagtige en oorhandig aan Hom die Heerskappy vd wêreld.
Dit is n vervulling van :
En Dawid self sê in die boek van die Psalms: Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ‘n voetbank van u voete. LUKAS 20:42-43 AFR53
Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. I KORINTHIËRS 15:24 AFR53
Hierdie is n einde van n saak wat begin het met die sondeval van Adam die mens, die versoenings offer aan Golgota en die triomf parade van Christus (Open19 : 11 – 21).
Die einde van n tyd wat die bose n rol in die mense geskiedenis gespeel het. Sal ons nie ook saam met die hemele juig in aanbidding en soos die vier en twintig ouderlinge neerval en God aanbid nie. Kom ons loof Hom vir Sy openbaring.
Genade en Vrede vir jou. David