Goeie dag. Tema : Wederkoms
Openbaring 19 beskryf die vervulling van Hand. 1 :
wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het. HANDELINGE 1:11 AFR53
Anders as die ruiter op die wit perd in Open 6:2 wat net n boog en n enkele kroon gehad het kom Christus in Glorie en mag:
Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid. En sy oë was soos ‘n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en Hy het ‘n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self. En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God. En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne. En uit sy mond gaan daar ‘n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan;….. OPENBARING 19:11-15 AFR53
Ek dink as jy Christus in jou lewe verwerp het, sal hierdie tweede koms van Hom, jou totaal oorweldig. Alle argumente, verskonings, en eie pogings sal soos mis voor die son verdwyn en oorweldig word met bittere berou.
Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen! OPENBARING 1:7 AFR53
Hierdie komende gebeure laat my sidder as ek dink aan dit wat Christus vir die Jode gesê het.
En hulle sal jou en jou kinders in jou teen die grond verpletter; en hulle sal in jou nie een klip op die ander laat bly nie, omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het, nie opgemerk het nie. LUKAS 19:44 AFR53
Laat ons nie na laat om te bly bid vir die redding van siele nie.
Genade en Vrede vir jou. David