Goeie dag. Tema : Gereed maak.
In sommige gemeenskappe besluit ouers wie met hul kinders moet trou. In teenstelling hiermee is liefde, die basis van Christus se huwelik. Dit is n huwelik waar beide pare n vrye wils besluit gemaak het, geen dwang is ter sprake. Christus vra onder andere in JESAJA 55, die eerste vers lei:
Almal wat dors het, kom na die waters; en wie geen geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk! JESAJA 55:1 AFR53
Hierdie uitnodiging word verskeie kere oral in die Woord herhaal;
Kyk ek staan by die deur en klop Open 3:, Almal wat vermoeid en belas is… ens
Almal, die hele wêreld kry die uitnodiging deur die verkondiging vd evangelie van Christus.
Die bruid beantwoord Christus se uitnodiging deur verhouding en voor te berei.
Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak. OPENBARING 19:7 AFR53
Die gebeure word so mooi beskryf deur die verhaal van Isak en Rebekka in Genesis 24. N Vader Abraham, sy dienskneg en Rebekka. N verhaal soortgelyke aan die verhaal vd NT. Die Vader, Heilige Gees en die bruid wat Christus eers by die bruilof sal ontmoet. Rebekka het haar bruidskap verdien deur die kamele water te gee uit die put. Hulle is die bruid wat deur gehoorsaamheid heiligheid verwerf. Hulle wat sê denke vernuwe is deur die weergeboorte en in gebed n liefdes verhouding opbou. Ons kan in Hooglied lees oor die soeke en verlange na die bruidegom. As ons bruid is sal ons n soeke en verlange na Hom beleef wat net deur Sy teenwoordigheid vervul kan word. Daarom bid ons, lees Sy Woord en gaan kerk toe om Hom te loof. My bede is dat jy Sy liefde op jou eie unieke manier sal ervaar.
Genade en Vrede vir jou. David