Tema : Finale oordeel
Goeie dag.
Meeste mense is bekend met die finale oordeel. Daar staan geskrywe:
“En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.” OPENBARING 20:12-15 AFR53
N paar punte om op te let is:
- Die dode word geoordeel, dus hulle wat nie deel was van die eerste opstanding nie.
- Klein en groot word geoordeel.
- Daar is twee boeke; die boek van die lewe en die boek waarin elke mens se werk, dade in opgeskryf is.
- Die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp.
- Mense word in die poel van vuur gewerp saam met die duiwel.
Vir my is dit die hardste boodskap van die Woord. Feitelik en finaal. Dit is die finale afsluiting wat alle herrinerringe aan die vorige hemel en aarde verwyder. Die helse vuur brand vir ewig. In totale vergetenheid met die siele daarin wat ween en kners. Hulle wat in die hemel is lewe vir ewig in glorie saam met God, en dink nooit weer terug aan die aarde of die mense daarvan nie.
Genade en Vrede vir jou. David