Tema : Nuwe Jerusalem
Goeie dag
In Open 21:10-27 word die nuwe Jerusalem se buite kant beskryf. Daar is niks wat naby kom aan die skoonheid wat beskryf word nie. Dit is n kleur volle skouspel van volmaaktheid wat net deur God geskep kon word. Trouens van die beskrywings is bo die vermoë om dit te visualiseer.
“en dit het die heerlikheid van God gehad, en sy lig was soos ‘n baie kosbare steen, soos die kristalhelder jaspissteen. OPENBARING 21:11“
Jaspis kan enige kleur wees vanaf rooi bruin, blou tot groen, al die kleure van die reenboog.
“En dit het ‘n groot en hoë muur met twaalf poorte gehad, en by die poorte twaalf engele, en name daarop geskrywe, naamlik dié van die twaalf stamme van die kinders van Israel. OPENBARING 21:12“
“En die stad het vierkantig gelê, en sy lengte was net so groot as sy breedte. En hy het die stad met die meetroede gemeet op duisend-vyfhonderd myl; sy lengte en breedte en hoogte was gelyk. OPENBARING 21:16 AFR53“
Weer is dit nie eenduidig nie want dit kan in n kubus, piramiede of n tussen vorm wees.
“En die boustof van sy muur was Jaspis (gemengde kleure) , en die stad was suiwer goud soos suiwer glas. En die fondamente van die muur van die stad was versierd met allerhande edelgesteentes. Die eerste fondament was Jaspis (gemengde kleure) , die tweede saffier (kleure met n blou basis) , die derde chalcedoon (vanaf wit, grys tot byna swart) , die vierde smarag (groen blou) ; die vyfde sardoniks (geel rooi tot rooi bruin) , die sesde Sardis ( ligte geel tot oranje) , die sewende chrisoliet ( goudgeel) , die agtste beril (blouerig tot geelgroen) , die negende topaas (geel ruin of oranje ) , die tiende chrísopraas ( blouerig) , die elfde hiasint (blouerig soos turquoise ) , die twaalfde ametis (deurskynende pers tot diep rooi ) . En die twaalf poorte was twaalf pêrels; elkeen van die poorte was uit een pêrel, en die straat van die stad was suiwer goud soos deurskynende glas. OPENBARING 21:18-21 AFR53“
Die kleure is net n aanduiding want baie van die half edelstene is gelaagd met verskillende kleure. Daarby verskil antieke benamings soms van hedendaagse benamings.
“En die twaalf poorte was twaalf pêrels; elkeen van die poorte was uit een pêrel, en die straat van die stad was suiwer goud soos deurskynende glas. OPENBARING 21:21 AFR53“
Die pêrels vorm seker die deure van die poort, maar dit word waarskynlik nooit toe gemaak nie.
Die verwysing na suiwer glas sê net daar is geen onsuiwerheid in nie.
Ons sal volgende keer kyk wat die Woord verklaarbaar oor binne die stad.
Genade en Vrede vir jou. David