Tema : Goud stad
Goeie dag
Wanneer mens lees van die afmetings vd Nuwe Jerusalem dring die ekstreme grote daarvan nie tot jou deur nie. Die stad se oppervlak area is ~76% van Australia se grote. Dit is massief. Die inwonertal is onbekend, waarskynlik al die gelowiges en ook die engele. Geen hospitale, siekeboegte en outehuise nie. Geen stadsverkeer of motors nie. Transport is waarskynlik soos toe Jesus opgevaar het. Die goue straat is seker n wandelpad. Omdat dit n hoë stad is is wooneenhede moontlik anders as dit in n landelike omgewing. Gesinne en families sal moontlik bymekaar wees, maar daar word nie in die huwelik uitgegee nie.
Die fokuspunt van die stad is word as volg beskryf:
“En dadelik was ek in die Gees, en kyk, daar staan ‘n troon in die hemel en Een sit op die troon. En Hy wat daarop sit, het in sy voorkoms gelyk soos die steen jaspis en sardius; en rondom die troon was ‘n reënboog wat in sy voorkoms gelyk het soos ‘n smarag. En rondom die troon was daar vier-en-twintig trone, en op die trone het ek die vier-en-twintig ouderlinge sien sit, bekleed met wit klere; en hulle het goue krone op hulle hoofde gehad. en voor die troon was daar ‘n see van glas soos kristal, en in die middel van die troon en rondom die troon vier lewende wesens vol oë van voor en van agter. OPENBARING 4:2-4, 6″
“En ‘n tempel het ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam. En die stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp. OPENBARING 21:22-23 AFR53″
“En hy het my getoon ‘n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam. In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies. OPENBARING 22:1-2 AFR53″
Hierdie dinge en nog ander onuitspreeklike dinge wag op hulle wat die aardse lewe oorwin, wat n vooruitsig. Daar is geen offer wat te groot is om te bring om hierdie saligheid te kan beërwe nie. Mag ons almal mekaar daar sien.
Genade en Vrede vir jou. David