Tema : Volharding
Goeie dag
Bome wat in n gunstige warm klimaat is groei vinnig en lewer n sagte hout, wat nie vir hoë kwaliteit werke nuttig is nie. In n harde klimaat met moeilike omstandighede lewer bome hoë digtheid hout, wat geskik is vir wyn vate, meubels en ander eksklusiewe gebruike.
Die toets van tyd bewys n boom se karakter. In n mens se lewe geld dieselfde beginsel. Die boodskap van die Woord aan alle mense maar veral aan die dissipels van Jesus is en was :
“En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. MATTHÉÜS 10:22 AFR53“
“En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word. II TIMÓTHEÜS 3:12 AFR53“
Openbaring spel duidelik uit wat die resultaat is van n keuse vir n godvrugtige lewe, en die keuse van n lewe van gemak. Anders as n boom kan die mens besluit op sy ewige toekoms. Jesus moes ook voordurend besluite neem in Sy eie mens lewe om altyd die regte pad te stap. Vanaf die versoeking in die woestyn, tot in Getsemane was Hy onverbiddelike gehoorsaam.
Paulus stel dit so kragtig positief; Jesus het nie gekyk na die versoekinge nie maar Sy oë was op die vreugde wat Sy gehoorsaamheid gaan bring. Niks kon met daardie vreugde vergelyk word nie, nie lyde, nie skande, nie mag nie, niks nie.
“Die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het, en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het. HEBREËRS 12:2 AFR53“
Vandag en deur al die eeue weerklink die vreugde wat gekom het deur Sy gehoorsaamheid. Die gelowiges eer, lofsing, roep, aanbid, dans , lewe, wag op, God en die verlossing en beloning wat Hy belowe het.
Mag elkeen van ons se denke hernuwe word, om nie na omstandighede te kyk nie maar na die vreugde, wat die oorwinning bring. Oorwinning oor ongehoorsaamheid, sonde, omstandighede, wêreld se waardes en plesier, ens. Kom ons leef in oorwinning in verwagting op die ewige.
Genade en Vrede vir jou. David