Tema : Vrese van God
Goeie dag
Die liefde van God is onlosmaaklik van Sy regverdigheid en vrese vir Hom. n Evangelie wat nie die balans tussen die drie behou nie is tevergeefs want dit bring misleiding. Die man wat saam met Christus gekruisig is het dit in gesien.
“Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: Vrees jý ook God nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is—? LUKAS 23:40 AFR53“
Openbaring illustreer by uitnemendheid, God se regverdigheid teenoor Sy oordeel. Hulle wat in vrese vir Hom sy gebooie onderhou ten alle koste, ervaar sy onmeetbare liefde. Hulle wat Sy gebooie nie onderhou nie pluk die vrug van hul ongeregtigheid en gebrek aan vrese vir God. Om vir God lief te wees beteken jy hou sy gebooie. Koning Saul is verwerp deur God omdat Hy goed wou doen te koste van gehoorsaamheid.
“Maar Samuel sê vir Saul: Ek sal nie met jou saam teruggaan nie, omdat jy die woord van die Here verwerp het, en nou het die Here jou verwerp om koning oor Israel te wees. I SAMUEL 15:26 AFR53“
God se Woord is die enigste absolute waarheid, mag elkeen daar volgens leef, dan sal hul Sy gebooie bewaar. Dit is die vrees van God, wat die beginsel van wysheid is.
Genade en Vrede vir jou. David