Goeie dag. Tema : Oorlog
Uit die verhaal van Sodom en Gomorra is dit duidelik dat Sy genade geweldige groot is maar ook n limiet het (Gen 19). Ook in die NT vertoef Jesus om weer te kom sodat die laaste wat gewillig is om Hom te volg nog kan inkom.
Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom. II PETRUS 3:9 AFR53
Elke ware kind vd Here is in n oorlewing stryd, n oorlog teen die bose. God verseker dat ons nie bo ons vermoe s getoets sal word nie. Ons oorwinning is verseker in Sy bloed en ons getuienis. Daar kom n dag dat die limiet van God se genade bereik sal word. Dan verwyder Hy die alles wat boos en besoedel is.
En daar het oorlog in die hemel gekom: Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer; en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie. OPENBARING 12:7-8 AFR53
Ons ken die God van liefde, maar vermy om te dink aan die God van geregtigheid. Sy geregtigheid vul ons met vrees. Sy geregtigheid het geen genade of liefde nie. Daar is geen sagtheid in nie, dit is oorlog. Slegs hulle wat in Jesus se geregtigheid is sal gespaar word. Ons is in die geslag waar God se geregtigheid oor die wêreld volbring sal word. Openbaring is die tyd van die vervulling van God se geregtigheid. Daarom moet elkeen verseker dat hy in Christus is, deurdring met die Gees.
Genade en Vrede vir jou. David