Goeie dag. Tema : Twee opstandings
Om die Woord te verstaan moet die Woord gebruik word om homself te verklaar.
Wanneer die volgende Skrif gedeelte gelees word ontstaan die vraag onmiddelik: Is daar dan twee opstanding?
En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding. Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank. OPENBARING 20:5-6 AFR53
Ja daar is twee opstandings, een vir die kinders van God en n tweede vir hulle wat verlore is.
Paulus maak die volgende stelling :
Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word. I KORINTHIËRS 15:51-52 AFR53
Hier praat Paulus van ons, dus die gelowiges. Dan is daar verdere Openbaring:
En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. OPENBARING 20:12 AFR53
En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.
OPENBARING 20:14-15 AFR53
Dank die Here vir die lewende hoop en verwagting om die ewigheid saam met geliefdes is Sy teenwoordigheid te vier.
Genade en Vrede vir jou. David.