Goeie dag. Tema :Bruilof 1
N bruilof is n feesviering van twee mense se liefde wat vervul word. Hul vier hul oorborrelende vreugde met familie en gaste in eet, musiek, dans en geskenke.
In Openbaring 19 word die grootste bruilof wat daar oor sal wees aangekondig.
En ek het iets gehoor soos die stem van ‘n groot menigte en soos die geluid van baie waters en soos die geluid van sterk donderslae wat sê:…… Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak. En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne…….. Toe sê hy vir my: Skryf — salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God. OPENBARING 19:6-9 AFR53
Uit die gedeelte kan ons sien dat die bruid voorbereid is vir die bruilof. Daar is net een bruid in die bruilof maar baie gaste. Die gaste is waarskynlik die groot menigte wat uit roep. Om n genooide gas te wees is n besondere eer. Die gaste is ook waardig voorberei:
En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ‘n bruilofskleed aan het nie. En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie. MATTHÉÜS 22:11-12 AFR53
Wanneer mens die hele stuk lees word die konteks duidelik.
Presies wanneer die bruilof plaasvind is nie duidelik nie. In die volgende gedeelte van Open 19 vers 11 tot 21 verslaan Christus die bose en werp die dier en vals profeet in die poel van vuur. My beskeie mening is dat die bruidegom eers die oorlog sal afhandel voordat die bruilof plaasvind, met motivering uit die OT dat n man vrygestel is van militere diens vir die eerste jaar nadat hy getroud is.
Genade en Vrede vir jou. David