Goeie dag. Tema : Bruid 2
Daar is baie nuwe woon kompleks ontwikkelings in die wêreld wat leeg staan. Voordat hul bewoon word word is daar geen lewe in nie. Wanneer dit bewoon word verwys ons na die mense wat daar woon. Met die begrip kan ons Open 21: 9,10 verstaan. Die verse is ook die vervulling van:
In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. JOHANNES 14:2-3 AFR53
En een van die sewe engele wat die sewe skale gehad het, vol van die sewe laaste plae, het na my gekom en met my gespreek en gesê: Kom hierheen, ek sal jou die bruid toon, die vrou van die Lam. En hy het my in die gees weggevoer op ‘n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal; OPENBARING 21:9-10 AFR53
Die stad is nie die bruid nie, die mense wat binne in die stad stad woon is die bruid. Die stad, die nuwe Jerusalem is die woning wat Christus vir Sy bruid gebou het. Christus sal saam met die bruid daarin woon. N gebou het geen emosies nie, maar mense daarin bring vreugde en emosies. Die bruid is die middelpunt van die nuwe hemele en die Heilige vreugde en liefde wat daar uit straal gaan die heelal vul.
Genade en Vrede vir jou. David