Goeie dag. Tema : Geseende lewe
JESAJA 65 beskryf die geseende lewe ten tye van die heerskappy van Christus. Daarin is bekende verse soos:
Die wolf en die lam sal saam wei, en die leeu sal strooi eet soos ‘n bees, en stof sal die voedsel van die slang wees; hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie, sĂȘ die Here. JESAJA 65:25 AFR53
Om in die konteks te verstaan moet ons ook lees:
Want kyk, Ek skep nuwe hemele en ‘n nuwe aarde, en aan die vorige dinge sal nie gedink word en hulle sal in die hart nie opkom nie. JESAJA 65:17 AFR53.
Lees gerus die hoofstuk. Na my mening is vervulling van hierdie gedeelte die duisend jarige vrede ryk waarin Christus regeer met n ysterhand.
En uit sy mond gaan daar ‘n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met ‘n ysterstaf regeer, en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige. OPENBARING 19:15 AFR53
Die ysterhand is net vir hulle wat buite die geregtigheid van God wil lewe. Hulle wat in liefde tot God en hul naaste lewe sal in vreugde lewe. In hierdie tyd is Satan gebind en kan niemand verlei nie. Bose dade kom nou uit die persoon se karakter en kennis daarvan. God sal dit nie duld nie en so n persoon verwyder. Dit is n tyd van die sogenaamde Utopia, n tyd van veiligheid en geregtigheid. N tyd waarna die mens nog altyd verlang het.
Genade en Vrede vir jou. David