Goeie dag. Tema : Vreugde
Vir kinders van die Here behoort die eindtyd vervulling, n bron van vreugde te wees. Daarom, In Christus hou die dood geen vrees in nie. Eerstens, Hy het die duiwel kom oorwin, wat mag oor die dood gehad het, tweedens almal kom bevry, wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood, aan slawerny onderworpe was.
HEBREËRS 2:15 AFR53
As n kind van die Here dan liggaamlik sterf hou dit geen verskriking in nie want Hy is met jou in die dal van dood skaduwee ( Ps 23).
Hoe nader ons aan die eindtyd kom hoe nader is die vervulling van God se beloftes aan Sy kinders. Hoe groter raak die verwagting en uit sien na Sy koms. Daarom bid die mens en die natuur:
En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet. OPENBARING 22:17 AFR53
Die verwagting vul ons met vreugde, dit gee ons hoop, dit is ons blydskap in n droewige wêreld. Ons lewe moet n lofoffer wees :
‘n PSALM. By die lofoffer. Juig voor die Here, o ganse aarde! Dien die Here met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel. Erken dat die Here God is: Hy het ons gemaak, en ons is syne, sy volk en die skape van sy wei velde. PSALMS 100:1-3 AFR53
As ons wêreld nuus kyk raak dit al meer en meer duisternis, ellende en vernietiging. Hoe meer God sy seën ontrek hoe groter is die duisternis en ellende, maar hoe groter raak die verwagting en vreugde van Sy kinders. Mag jou vreugde en vervulling met die Heilige Gees al groter word soos die einde nader.
Genade en Vrede vir jou.
David