Tema : Die Woord
Ons leef in n tyd waarin mense graag hul opinie uit spreek. Dikwels verraai dit net hul onkunde en dwaasheid. In skrille kontras hiermee was Jesus se woorde altyd n uitdrukking van kennis en gesag. Een van die wonderbaar name van Jesus, is Die Woord. Hy het die skepping vootgebing deur n Woord. Johannes openbaar Hom in:
“In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. JOHANNES 1:1-2 AFR53“
Jesus is onveranderlik vir ewig, en word weereens bevestig in Openbaring:
“En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God. OPENBARING 19:13 AFR53″
As die Heilige Gees in jou woon, vloei Sy skepende Woord deur jou. Dit bemagtig jou met gesag. Daarom moet elkeen uiters versigtig wees oor wat gesê word. As dit in geloof en met gesag gespreek word, sal dit gebeur.
“Want, voorwaar Ek sê vir julle, dat elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en werp jou in die see — en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, dit sal gebeur — hy sal verkry net wat hy sê. MARKUS 11:23 AFR53“
Daarom waarsku Jesus ernstig in Matt 5:
“Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur. MATTHÉÜS 5:22 AFR53“
Jesus die Woord kom met glorieryke as die Woord terug vir n tweede keer. Lees gerus dit wat Hy deur n Woord te spreek gaan doen in Open 19.
Laat ons lewende woorde spreuk en so Sy koms verhaas
Genade en Vrede vir jou. David