Tema : Openbaring relefansie
Goeie dag
As mens in gemak en weede leef, klink n beskrywing van die lewe in die hemel seker maar gewoon. Vir hul wat in swaarkry, armoede en verdrukking leef, kan nie wag om uit hierdie lewe verlos te word, om saam met Christus te lewe nie. In erge swaarkry beleef n mens dikwels Ps 137:1 oomblikke soos die Joodse bannelinge by die rivier van Babel, waar jy ween van verlange na Sion. Sion is waar God is, met vertroosting en vervulling Die Woord sê :
‘En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan. OPENBARING 21:4 AFR53“
Daar is baie wat in diepe teleurstelling, pyn, siekte, verwerping, ens leef of geleef het. Dit is dikwels n swaar kruis wat net met Christus se ondersteuning en liefde gedra kan word. Let daarop dat daar dikwels in siels blydskap geleef word, maar fisies en emosioneel baie ellendig gaan. Vir diesulkes is Openbaring n vision van hoop en moed, om te volhard om die prys te behaal.
“Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus, wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp. FILIPPENSE 3:20-21 AFR53“
Mag elkeen deur die Openbaring van God versterk word.
Genade en Vrede vir jou. David