Tema : Alles nuut
Goeiedag
Daar is n ou evangelie liedjie wat lei:
When we all go to heaven,
what a glorious day that will be,
when we all see Jesus,
we will sing and shout the victory….
Dit sal die tyd wees van die voleindig van ons geloof in Jesus. Daar is nie n groter, hoër en beter verwagting in die lewe nie. Niks kan naasten by daarmee vergelyk word nie. God beloof Hy maak alles nuut.
“En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar. OPENBARING 21:5 AFR53“
“En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was nie meer nie…. OPENBARING 21:1-2 AFR53“
Vir die mens begin die nuwe lewe op aarde met die weergeboorte. Die geboorte uit water en Gees volgens Joh 3, soos Jesus aan Nikodemus verduidelik het.
“Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. II KORINTHIËRS 5:17 AFR53“
Soos ons gees hernu en weergebore is, volg ons siel met heiligmaking. Daarna met die weg raping kry ons verheerlikte liggame. Op aarde ondergaan ons heeltyd n vernuwing van ons onsterfbare dimensie maar n veroudering van ons aardse liggame.
“wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp. FILIPPENSE 3:21 AFR53“
Omdat ons n lewende hoop het, is ons nie passief in die proses van vernuwing nie. Ons is aktief deur gebed, die Woord en denke om tot beter insig te te kom. Paulus stel dit duidelik in sy brief aan die Efese.
“en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid. EFÉSIËRS 4:23-24 AFR53“
Wat n Vooruitsig om na te streef.
Genade en Vrede vir jou. David