Tema: Verheerlikde liggaam
Goeie dag
Christus was die eerste mens wat n verheerlikte liggaam ontvang het. Met Sy opstanding het baie ou testamentiese gelowiges ook uit die graf opgestaan.
“En ná sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn. MATTHÉÜS 27:53 AFR53“
Hierdie gebeurtenis wag op elke wedergebore kind van God volgens Paulus (1Thes 4:15-17)
“Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. I KORINTHIËRS 15:22-23 AFR53“
Die Woord gee beperkte insig van hierdie liggaam maar tog die volgende inligting :
Die klere:
“En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne. OPENBARING 19:14 AFR53“
Jesus kon eet na die opstanding:
“En Jesus het gekom en die brood geneem en dit aan hulle gegee, en so ook die vis. JOHANNES 21:13 AFR53“
Mense is herkenbaar Lazarus en die ryk man:
“En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem. LUKAS 16:23 AFR53“
Gemoed:
“En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan. OPENBARING 21:4 AFR53“
Hul bly in wonings :
“In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. JOHANNES 14:2 AFR53“
Juwele:
“Hul kry krone, 1Pet 5:4, Jac 1:12
Die liggaam is nie beperk in ruimte of tyd nie :
“En toe dit aand was op daardie eerste dag van die week en die deure waar die dissipels vergader het uit vrees vir die Jode, gesluit was, het Jesus gekom en in hul midde gestaan en aan hulle gesê: Vrede vir julle! JOHANNES 20:19 AFR53“
Ons vind nog inligting in Open 2 en 3 wat hierdie eienskappe bevestig.
Dit is n hele nuwe dimensie wat wag waaarvan ons eers die ontvang sal besef as ons daar is.
Genade en Vrede vir jou. David