Tema : Nugter
Goeie dag
Dit is baie tragies dat gelowiges soms mee gevoer raak in n onrealistiese wederkoms verwagting. Vir baie wat swaar kry begeer die wederkoms want dit hou die belofte van n ontsnap meganisme in. Vanaf die oorsprong van die kerk het sommige gelowiges n onrealistiese verwagting gehad. Paulus het die gemeentes van Thesolonika ontnugter oor hul verkeerde verwagting. Hierdie verwagting is deur die eeue aangeblaas in die kerk, so ook vandag nog.
Die Woord laat ons nie in die duister oor wat in die eindtyd gaan gebeur en die spesifieke aanloop daar toe nie. Dit laat gelowiges egter totaal in die duister oor wanneer dit gaan gebeur. Self Jesus wat n deel van die Godheid is weet nie, slegs die Vader weet. In Mat 24 en Markus 13 gee Jesus voor tekens vir Sy wederkoms.
“Want die een nasie sal teen die ander opstaan, en die een koninkryk teen die ander; en daar sal aardbewings wees op verskillende plekke, en daar sal hongersnode wees en beroeringe. Hierdie dinge is ‘n begin van die smarte. MARKUS 13:8“
Daarna gee Hy twee spesifieke tekens :
“En die evangelie moet eers aan al die nasies verkondig word. MARKUS 13:10“
“En wanneer julle die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan waar dit nie behoort nie — laat hom wat lees, oplet — dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug; MARKUS 13:14 AFR53“
“Want daardie dae sal daar ‘n verdrukking wees soos daar nie gewees het van die begin van die skepping af wat God geskape het tot nou toe, en ook nooit sal wees nie. MARKUS 13:19 AFR53“
Eers daarna is Sy tweede koms.
Gelowiges moenie toelaat dat n wederkoms verwagting hul passief maak in die lewe nie. Uit die vervulling van die profesieë weet ons, ons verlossing is naby. Dit moet n vurige ywer by ons opwek om meer heilig te word, meer te dien, meer te bid, meer te evangeliseer, ens, die oomblik aangryp en die meeste daarvan te maak. Hy moet ons besig en gereed vind met Sy koningkryk werk wanneer Hy ons kom haal, op welke wyse ook. Vandag is dit krities om n intiemer verhouding met Heilige gees te ontwikkel en die regte perspektief te behou.
Genade en Vrede vir jou. David