Tema : Ondenkbaar
Goeie dag
Die mens is so beperk in sy denke, dat die kennis wat die Woord openbaar verwerp word. Byvoorbeeld: strate van goud wat deursigtig is, n kristal see, bome wat twaalf maande vrugte dra. Hierdie is die moeilikste begrip van alles:
“En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. OPENBARING 21:3 AFR53“
Die naaste wat die skepping ooit hieraan gekom het was in die paradys. Hier het God daagliks met die mens kom gesels het.
“En hulle het die stem van die Here God gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die aandwindjie; en die mens en sy vrou het hulle verberg vir die aangesig van die Here God tussen die bome van die tuin. GÉNESIS 3:8 AFR53“
As mens nie Gen 3:8 letterlik opneem nie sal die gebeure in Open 21 vir jou veregaande blyk te wees. Tog is daar getuienis in die Woord wat getuig dat God wel op aard kan verskyn. Moses het op die berg Horeb, God ontmoet. Asook in die NT periode is Heilige Gees woonagtig op aarde, maak Hy woning binne-in weergebore mense. Wanneer jy in diepe gebed is ervaar jy Sy teenwoordigheid. Sulke ervarings oortuig die mens dat die ondenkbare van Open 21:3 moontlik is. Dit is daarom dat koning Dawid kan skryf:
“My siel dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn? PSALMS 42:3 AFR53“
Op n ander plek skryf Dawid die bekende:. Soos n hert dors na water strome so dors my siel na U….
Laat ons dan, terwyl ons wag op die vervulling an die Woord, die voorreg aan gryp om in Sy teenwoordigheid te kom.
Genade en Vrede vir jou. David