Tema : Gesprek
Goeie dag
“En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet. OPENBARING 21:6 AFR53“
Daar is n beperkte en bepaalde tyd vir alles in die lewe. Lees gerus Prediker 3.
“ALLES het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar ‘n tyd: PREDIKER 3:1 AFR53“
In Openbaring kom ons tot die einde van hierdie geslag van mense. Die Almagtige sê wanneer is die einde van hierdie geslag. Hy gee water van die lewe tot op die einde. Solank God nie sê dit is die einde nie, sal mense tot bekering kom. Dus sal die Evangelie tot dan verkondig word. Elke mens se aardse lewe kom tot n einde wat ook deur God bepaal word.
Dit is wysheid om, voordat n mens tot einde kom seker te maak dat Jesus jou naam ken. Dit is nie genoeg om te glo Hy ken jou naam nie. Om te weet is so maklik soos, om vir Hom te vra of Hy jou ken. Drome of gesigte is n indirekte manier van antwoord, ander ontmoet Hy direk. Wanneer Hy jou antwoord sal jy nie twyfel daaraan nie, dit is oorweldigend. Die gebeure kan dramaties wees soos met Paulus en Moses, of dit kan n ontmoeting wees soos in die geval van die Èmmaüs- gangers. So n ontmoeting transformeer die mens vanaf geloof, na belewenis van God. Jy sal die sekerheid hê wat niks en niemand van jou kan beroof nie.
In elke verhouding is daar wedersydse gesprek voering. Hy sal jou diepste geheime begeertes, vrae en worstellinge vir jou antwoord op Sy tyd. Sulke gesprekke is n bewys dat Hy jou naam ken. Daar is nog gebeure waaruit jy jou kindskap sal beleef, maar gesprek voering is n onontbeurlike deel daarvan.
Genade en Vrede vir jou. David