Tema : Hoor en bewaar
Goeie more
Ons het deur die gewigtige boek Openbaring gewerk. Dit bring beide ekstase en vrees want dit verduidelik die einde van alle dinge. Vir die gelowiges is die beloftes, n krag tot volharding. Vir ongelowiges kom ewige ellende en straf. Die absolute gesag van die Openbaring word onder streep deur die feit dat dit persoonlik deur ons verlosser Jesus Christus gebring word op God se bevel. Die erns van die saak word dubbel onderstreep deur die skrifte wat volg. Die Skrifte onderstreep die egtheid van dit wat gaan gebeur en ook dat die kennis daarvan n voorreg is (salig).
Dit moet gehoor, gelees en bewaar word sodat dit jou lewe voordurend kan rig. Hy gaan kom op die wolke en almal sal dit sien en weet dat Jesus Christus die enigste seun van God is.
DIE openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur,…….. “Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby. en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen! OPENBARING 1:1, 3, 5, 7 AFR53″
“En hy het vir my gesê: Hierdie woorde is betroubaar en waaragtig; en die Here, die God van die heilige profete, het sy engel gestuur om sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur. Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar. Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus! OPENBARING 22:6-7, 20 AFR53″
Ek hoop dat hierdie studie u verryk en versterk het om te volhard tot die einde toe. Dat die Blye hoop warm brand in u hart. Dankie vir u ondersteuning in die studies. Ek voel In my hart dat die volgende onderwerp, gebed moet wees. Bid asb vir my vir insig en openbaring.
Genade en Vrede vir jou. David