Tema: Voeding
Goeie dag.
Die fisiese mens kan nie leef sonder water en kos nie. Die Woord gebruik dieselfde analoog vir die behoeftes van die geestes mens. Die geestes mens het ook kos en water nodig. Ons is almal bekend met die gebeurtenis van die Samaritaanse vrou. Jesus se woorde aan haar was:
maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ‘n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe. JOHANNES 4:14 AFR53
Jesus is die bron vd water van die lewe. Jesus is ook die enigste brood vd lewe.
Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan. MATTHÉÜS 4:4 AFR53
Jesus werp verder lig op hierdie onderwerp met Sy woorde:
Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig. JOHANNES 16:13 AFR53
Die Heilige Gees dra die woorde van dié Vader oor aan sy kinders. Daarom is dit noodsaaklik, dat Sy kinders die stem van die Heilige Gees moet kan hoor en nie doof wees daarvoor nie. Om te kan hoor moet Heilige Gees inwonend wees in elkeen se lewe. Maar dit is nie net vir hoor nie, Heilige Gees moet ook jou verstand oopmaak om die Woord te verstaan. Om Heilige Gees inwonend te kry moet mens daarvoor vra. Die vra vir die Vader, is gebed. Om gered te word moet mens tot God roep soos die rower op die kruis. Hy nooi die mens om na Hom te kom. In gebed gaan ons voordurend na Hom. Gebed is dus gesprek met God. By hierdie manier van gesprek gaan ons n tydjie stil staan.
Genade en Vrede vir jou. David