Tema: Dwang
Goeie dag.
Baie mense bid omdat hul verlig voel om dit te doen. Ander doen dit omdat dit n opdrag uit die Woord is. Sulke gebed is afgedwing en verskaf nie vreugde nie. Dit bring ook slegs geringe resultate en is onbevredigend. Ek dink die dissipels was op so n plek in hul gebeds lewe, daarom het hul Jesus gevra om hul te leer bid. Gebed is n kragtige wapen in die hand wat God in die hand van die mens gegee het. Jakobus bring die voorbeeld uit die OT:
Elía was ‘n mens net soos ons, en hy het ernstig gebid dat dit nie moes reën nie, en dit het op die aarde drie jaar en ses maande lank nie gereën nie; en hy het weer gebid, en die hemel het reën gegee en die aarde het sy vrug laat uitspruit. JAKOBUS 5:17-18 AFR53
Wanneer n mens die krag van gebed, die gemeenskap met God in gebed, en die vervulling in gebed ontdek raak gebed n liefdes saak. Dan kan jy nie gaan sonder gebed nie. Dit bly egter soos harde oefening, dit vra n sy pond vleis maar lewer resultate. Soos daar beter maniere van oefen is, is daar beter maniere van gebed wat die Woord ons leer. Ons hoef net die gevalle in die Woord te lees waar gebed suksesvol was om daar uit leer. Ons sal stelselmatig daardeur werk en insig verkry. Dan sal gebed verander vanaf n moet doen tot n wil graag doen. Dan word dwang verander in n begeerte tot en liefde vir gebed.
Genade en Vrede vir jou. David