Tema: Afhanklikheid
Goeie dag.
Die mens begeer om onafhanklik te wees en niemand iets verskuldig te wees nie, veral op finansiële gebied. Trouens baie se self beeld word bepaal deur aardse sukses. Tydelik sake soos rykdom, geleerdheid, skoonheid, aansien, ens.
Die Woord leer ons die teendeel; dat om in n posisie van on afhanklikheid te wees baie gevaarlik is.
Ons lees van n persoon in die gelykenis van die ryk dwaas in Lukas 12:
Toe sê hy: Dit sal ek doen: ek sal my skure afbreek en groter bou, en ek sal daar al my opbrengste en my goed insamel. En ek sal vir my siel sê: Siel, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare; neem rus, eet, drink, wees vrolik. LUKAS 12:18-19 AFR53
Maar God het aan hom gesê: Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis; en wat jy gereedgemaak het, wie s’n sal dit wees? LUKAS 12:20 AFR53
Effektiewe gebed vra totale afhanklikheid. Die mens moet sy onderdanigheid en magteloosheid besef. In die boek Spreuke wat die wysheid versinne beeld, bid die wyste mens wat nog op aarde was:
Hou valsheid en leuentaal ver van my af; gee my nie armoede of rykdom nie, laat my geniet die brood wat vir my bestem is; dat ek nie, as ek oorversadig geword het, U verloën nie, en sê: Wie is die Here? En dat ek nie, as ek arm geword het, steel en my aan die Naam van my God vergryp nie. SPREUKE 30:8-9 AFR53
Om in die beginsel van afhanklikheid van God te leef is daar veiligheid. Mag hierdie gesindheid van afhanklikheid en vergenoegdheid n kenmerk van elkeen se lewe wees. Maak die verse n deel van jou gebed.
Genade en Vrede vir jou. David