Tema: Sleutel
Goeie dag.
Die mens is so beperk in die verstaan van die werking van die koninkryk van God.
Volgens die Woord is dit vir die mens onmoontlik om die werke van God te verstaan sonder die Gees van God. Sien: Joh 3:3 koninkryk nie sien nie, Joh 3:5 koninkryk nie ingaan nie, Joh 3:27 n mens kan niks aanneem as dit nie aan hom uit die hemel gegee is nie.
JUDAS beklemtoon hierdie beginsel dat die natuurlike verstand tot die mens se ondergang lei:
Maar hierdie mense belaster alles wat hulle nie ken nie; en alles wat hulle, soos die redelose diere, op natuurlike wyse verstaan, daardeur gaan hulle te gronde. JUDAS 1:10 AFR53
Dit is hulle wat skeuring maak, sinnelike mense wat die Gees nie het nie. Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid. JUDAS 1:19-20 AFR53
Uit hierdie gedeeltes is dit duidelik dat n mens geesvervuld moet wees om God te dien. JUDAS gaan so ver om te sĂȘ, bid in die Gees. Dit mag vreemd klink maar God maak n belofte dat as ons Hom vra sal Hy ons die Heilige Gees gee.
As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid? LUKAS 11:13 AFR53
Om effektief te bid moet hierdie belofte vervul wees in n mens se lewe. Dit is die sleutel tot krag in die mens se lewe.
Genade en Vrede vir jou. David