Goeie dag. Tema : Sesde basuin
Met die blaas van die sesde basuin kom die tweede Wee.
Die slag van Armageddon, waarin n derde van die mense sterwe.
en dié het aan die sesde engel met die basuin gesê: Maak die vier engele los wat gebind is by die groot rivier, die Eufraat. En die getal van die leërs van perderuiters was twee maal tienduisend maal tienduisend; en ek het hulle getal gehoor.
OPENBARING 9:14, 16 AFR53
Die ruiter en die perde word beskruif in die res v.d. hoofstuk. Twee miljoene toegeruste soldate op toegeruste perde(verse 17 tot 19). In die middel eeue is pantser ontwikkel vir perde (barding) wat met vandag se Kevlar en ander produkte baie effektief beskerming kan verleen. Dit is met reg dat mens sal vra hoekom perde gebruik sal word as daar vandag voertuie beskikbaar is. Niemand weet wat die klimaats toestand of infrastruktuur sal wees na die na die eerste vier engele hul oordele gebring het in Open 8 nie. Dit mag n bepalende oorsaak wees.
Uit die hoofstuk 9 is dit duidelik dat dit n baie effektiewe oorlog is. Moderne vuuwapens (vers 18) word kombineer met die hoogs effektiewe mobiliteit van perde en die gevolge is verwoestend. Daar is nog verwysing na dieselfde gebeure in Open 14:19,20 en Open 16:12.
Die Woord stel dit duidelik dat daar vier engele is wat ander kant die Eufraat is, want die rivier moet op droog sodat hul kan deurkom. Die Eufraat is die mees westelike grense v.d. Middel Ooste. Die gebied bestaan uit Islamieties state Irak, Iran, Afghanistan en Pakistan. Dit is vier v.d. agt state in die wêreld wie se basis die klassieke Sharia wet is (World Atlas).
Mens staan verstom oor die detail van profesieë wat amper twee duisend jaar terug uit gegaan het. Dit kan net van n alwetende God kom.
Genade en Vrede vir jou.
David